Sekretaresse (Ceres)

  • Ceres
  • Hr Management E Support Services (pty) Ltd Ta The Hr Department

Ons kliënt , FODB Ing., het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n georganiseerde & dinamiese Sekretaresse , by hul kantore in Ceres.

 

VEREISTES:

  • Nasionale Senior Sertifikaat (Matriek).
  • Addisionele opleiding of kwalifikasies sal in die kandidaat se guns tel.
  • +/- 5 jaar toepaslike ervaring.
  • Uitstekende kommunikasie-, organisering- en beplanning vaardighede.
  • Rekenaarvaardig
  • Professionele voorkoms & optrede.
  • Moet in staat wees om goeie menseverhoudinge te kan handhaaf.
  • Moet Afrikaans & Engels magtig wees.

SLEUTEL PRESTASIE AREAS:

  • Persoonlike Assistent vir Direkteure (o.a. bestuur van dagboeke en oproepe).
  • Kliënte ontvangs & skakeling.
  • Skakelbord
  • Kleinkas bestuur (o.a. aankoop van skoonmaakmiddels & skryfbehoeftes)
  • Opvolg van debiteure.
  • FICA prosedure.
  • Algemene tikwerk & liasering.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 10 Mei 2024

Neem asseblief kennis : Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Alle werwingsprosedures word inlyn met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting , nr. 4 van 2013, gedoen .