Kwaliteit- en Produktiwiteit Bestuurder

  • ceres

Ons kliënt , Eselfontein Boerdery ( Edms ) Bpk , ‘n gevestigde Boerdery (13km buite Ceres) het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n Kwaliteit - & Produktiwiteit Bestuurder . Die posisie rapporteur direk aan die Landgoedbestuurder & Eienaar van die besigheid . Die doel van die posisie is om die optimale produktiwiteit en kwaliteit met menslike hulpbronne te verseker .

VEREISTES:

  • 5 – 10 jaar ervaring in vrugte produksie & mensebestuur
  • ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Uitstekende kennis van boord aksies & -manipulasie
  • Uitstekende waarnemings vermoë, met die identifisering van foute
  • Xhosa-magtig sal in die kandidaat se guns tel
  • Uitstekende menseverhoudinge & kommunikasievaardighede
  • Detail georiënteerd
  • Moet rekenaar vaardig wees

VERANTWOORDELIKHEDE:

  • Bestuur produktiwiteit & kwaliteit van alle spanne
  • Bestuur & handhaaf van goeie menseverhoudinge
  • Daaglikse span prestasie verwerking & rapportering
  • Doelwitbeplanning
  • Probleme & foute identifiseer & die regstel daarvan
  • Verhoog & handhaaf standaarde van spanne

 

Sluitingsdatum vir aansoeke : 31 Maart 2024

Diensaanvaarding : 8 Julie 2024

 

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting , Nr. 4 van 2013