PLAASVOORMAN | VERKYKERSKOP, HARRISMITH

  • Harrismith
  • Mede Recruit

PLAASBESTUURDER/VOORMAN

Ons kliënt, 'n groeiende familie Veeboerdery in die Verkykerskop distrik in die Noord-Oos Vrystaat, is opsoek na 'n Plaasbestuurder wat saam die eienaar verantwoordelikheid neem vir die effektiewe, volhoubare en winsgewende bestuur van die veeboerdery. Hierdie is vir ’n baie spesifieke persoon wat sal inpas in die familie se kultuur, bereid is om hard te werk, oor sober gewoontes beskik en lief is vir die natuur. Die boerdery is by uitstek ’n veeboerdery, ondervinding in vee-boerdery is nie onderhandelbaar nie. Verder moet die ideale kanditaat instaat wees om fyner detail te kan raaksien en op detail te kan fokus.

Minimum Vereistes (Nie onderhandelbaar)

  • Gr 12
  • Rekenaarvaardig (MS Excel en Word)
  • 'n Kode 8 bestuurslisensie
  • Eie voertuig gekik vir die plaas omgewing sal ideaal wees. Daar word wel ‘n voertuig voorsien vir werksdoeleindes
  • 3 jaar se veeboerdery ondervinding
  • Ondervinding in instandhouding en herstelwerk.
  • Moet bereid wees om op die plaas te woon, stil omgewing.
  • ‘n Hardwerkende Persoon wat instruksies spesifiek kan uitvoer, en nie daarvan afwyk nie.
  • Goeie kommunkikasie vermoë, om sodoende te verseker dat doelwitte en take behoorlik verstaan en uitgevoer word.
  • Spanwerk vaardighede, om ‘n gesonde en goeie gees onder werkers te kan handhaaf.

Die volgende sal voordeling wees:

  • Ondervinding in ’n beesstoetery;
  • Ondervinding in die bestuur van ’n skaapvoerkraal;
  • Ondervinding in die bestuur van ’n intensiewe skaapboerdery;
  • Handig en kan sweis.
  • ’n Kwalifikasie in landbou
  • ’n Persoon wat bereid is om te werk vir ’n langtermyn geleentheid
  • Inheemse taal magtig wees
  • ’n Persoon wat oor die verlangende “DISC” analise profiel beskik

Pligte:

  • Daaglikse bestuur van plaasarbeiders, verseker dat daaglikse en weeklikse doelwitte behaal word;
  • Kontrole en beheer oor veegetalle.
  • Toesig oor die verskillende produksiesiklusse van die diere, asook die direkte betrokkenheid gedurende lamtyd en kalftyd.
  • Plant van mielies en sojas
  • Bestuur en administrasie van beesinligting vir ‘n stoetery.
  • Entings en ontwurmings volgens die kuddebestuursplan.

 

Dienssaanvaarding: So gou as moontlik

  • Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied. ’n Baie kompeterende produksiebonus / Winsdeel sal aangebied vir die ideale kanditaat wat teikens en doelwitte behaal.
  • Akkommodasie/Plaaswoning